Die uitdaging:

Skryf 'n gebruikersvriendelike rekenaar program om die koste van n heining uit te werk. .........

Hou hom klein........
Maak hom maklik om te installeer .............
Maak hom maklik om te verstaan en gebruik..................

En terwyl jy besig is......................

Maak hom werk vir elektriese heinings..........
Maak hom werk vir doringdraad heinings .................
Maak hom werk vir sportjie heinings (Picket fences) ...................
Maak dat hy verskillende stutpaal konstruksies kan hanteer........


Wel, hier is hy en nog baie baie meer!

n Heiningkoste stelsel vir jou rekenaar, onder 1.2Mb!

Volledig met gebruiksaanwysings
Heiningkoste Rekenaar
Vrywaring:

Hierdie sagteware word voetstoots verskaf sonder enige waarborge

Laai dit asb af, probeer dit en kyk of dit vir jou werk.
Jy mag afskrifte maak en met vriende deel.

As jy tevrede is dat die stelsel vir jou sal werk mag jy dit gebruik.
As jy vind dit werk nie vir jou nie, vee dit doodeenvoudig van jou rekenaar af

Indien jy van die program hou, vertel my asseblief by die onderstaande epos adres of bel my of skree net hard genoeg dat ek jou kan hoor.

Opgraderings en veranderings sal van tyd tot tyd hier gepubliseer word

Rugsteun is beskikbaar by support@trutek.co.za
Stelsel vereistes:
Windows 7 of later, dit mag selfs werk op Windows XP

Sal werk op skerms met resulusie so min as 1360 x 768 en op!
Dit alles vir 'n enkele betaling van net mooi niks!
Gratis! Mahala! Free!
GEBRUIKSAANWYSINGS VIR TRU-TEK HEININGKOSTE REKENAAR

Hierdie sagteware word gratis beskikbaar gestel aan enige persoon wat 'n nut daarvoor kan vind. Die enigste beperking is dat geen persoon 'n poging sal aanwend om dit te verander of as sy eie werk voor te gee nie, of om dit te verkoop nie.

Hierdie sagteware word voetstoots verskaf om behulpsaam te wees met die koste berekening van materiaal wat nodig is vir 'n elektriese heining of enige ander doringdraad of gladde staaldraad heining, .

Die hoogte van die heining hang af van die lengte van die pale waarvoor die pryse ingesleutel is en die aantal lewendige en/of dooie drade. Met 'n bietjie verbeelding kan selfs die koste van plankieheinings of selfs diamant of ogiesdraadheinings uitgewerk word.

Hoekpaal konstruksie kan gekies word tussen horisontale stut tussen twee pale (H konstruksie) of enkel skuinsstut.
die stelsel sal aanvaar dat 'n enkel skuinsstut gebruik gaan word tensy die blokkie vir H konstruksie gemerk word.

Indien pryse van materiaal sonder BTW ingesleutel was, sal die gevolglike berekeningsresultate ook sonder BTW wees en andersom.





ELEKTRIESE HEINING

Om die materiaalkoste vir 'n elektriese heining uit te werk, sal sparre en binddraad geÔgnoreer word
Indien spasieŽring tussen tussenpale oop gelaat word sal die stelsel aanvaar dat dit 6 meter is.


1.  Sleutel nuutste pryse van materiaal in.
2.  Sleutel heining spesifikasies in.
3.  Klik op Bereken en die uitslag sal vertoon word onder Geskatte Koste.


DORINGDRAADHEINING

Om die materiaalkoste vir 'n doringdraad of gladde draad heining uit te werk, laat die blokkie vir lewendige drade oop en die stelsel sal alle materiaal vir 'n elektriese heining ignoreer en sparre en binddraad gebruik.
Indien die spasieŽring tussen sparre oop gelaat was, sal die stelsel aanvaar dat dit 2 meter is.


1.  Sleutel nuutste pryse van materiaal in.
2.  Sleutel heining spesifikasies in.
3.  Klik op Bereken en die uitslag sal vertoon word onder Geskatte Koste.


PLANKIEHEINING (PICKET FENCE)

Sparre sal getel word as regop plankies op 'n plankieheining.
Dooie drade sal getel word as dwars balke. Pryse van dwarsbalke moet per meter ingesleutel word.
Indien die afstand tussen sparre kleiner is as 0.5m, sal die stelsel aanvaar dat jy 'n plankieheining wil uitwerk en sal
alle stutpale ignoreer.

1.  Besluit op die afstand senter tot senter tussen die regop plankies (neem die wydte van die plankies in ag) en sleutel     
    dit in by afstand tussen sparre.
2.  Besluit hoeveel dwars balke daar moet wees en sleutel dit in onder dooie drade. Lewendige drade moet oop gelaat word.
3.  Klik op Bereken en die uitslag sal vertoon word onder Geskatte Koste.

Hit Counter