R
Tru-Tek
E-Pos
Vervaardigers van Ekonomiese en Effektiewe
Elektriese Heining Energiebronne
Kopiereg Andre Kruger 2018
Tru-Tek produkte word gewaarborg teen fabrieksfoute vir 'n periode van 12 maande. Lees asseblief ons waarborgvoorwaardes hieronder.

Tru-Tek produkte het ingeboude beskerming teen ligte kragoorladings, maar sal nie ernstige oorladings weerstaan nie. Weerligbeskermingsproppe, wat vrylik in die handel beskikbaar is, word aanbeveel. Dit is altyd wys om om die stelsel uit te prop gedurende donderstorms. Weerligskade, kragoorladingskade en waterskade word nie deur die waarborg gedek nie.

Ons sal probeer om enige elektriese heining verwante tegniese vrae telefonies of per e-pos te antwoord. Ons geniet dit selfs om dom vrae te beantwoord, solank dit verwant is aan ons produkte. Besoek ons gerus persoonlik indien u in die omgewing is.

Toerusting wat gestuur word vir diens of herstel, moet deeglik verpak word en aan ons gestuur word per voorafbetaalde pos of koerierdiens.

Maak asseblief seker dat kontakbesonderhede op toerusting aangebring word, aangesien die tegnici moontlik direk met u wil kontak maak.

Hersteltyd beloop gewoonlik 48 uur, tensy 'n onvoorsiene probleem opduik, in welke geval u deur die tegnikus gekontak sal word.
Diens en Onderhoud


Elke TruTek Elektriese Heining Energiebron word verkoop met 'n 1 jaar waarborg teen swak werkmanskap en materiaal
gebruik in die vervaardiging daarvan.

Geen waarborg sal geldig wees indien die produk onderhewig was aan die volgende nie:

Misbruik van die produk deur die gebruiker
Weerligskade
Kragstuwing
Waterskade
ongemagtigde oopmaak/herstel
Insekskade
Skade veroorsaak deur diere

In geval van 'n vermeende defek, moet die eenheid na die vervaardiger teruggestuur word vir herstel. Die waarborg dek
nie vervoer of posgeld nie.  Buite waarborg herstel word gedoen teen 'n standaard tarief.

Geen eenheid mag deur die verspreider omgeruil word nie.  Alle vermeende defekte moet deur die vervaardiger
beoordeel word voor 'n omruiling onderhandel kan word.

Indien tegniese hulp of advies aan die klient geoffer word, sal sulke advies gratis en slegs as akkommodasie aan die
klient wees. Tsitsitronics sal nie aanspreeklik gehou word vir die inhoud of die klient se gebruik van sulke hulp en geen sal
verklaring gemaak deur enige verteenwoordiger van Tsitsitronics in verband met die produk 'n waarborg uitmaak nie,
hetsy uitdruklik of ge-impliseer.

Beperking van aanspreeklikheid:

Tsitsitronics sal nie aanspreeklik gehou word vir die verlies van winste of inkomste, vervaardigingsuitgawes, bokoste,
besigheidsonderbrekingskoste, verlies van data, verwydering of herinstalleringskoste, besering van reputasie,
bestraffende skadevergoeding, verlies van kontrakte of bestellings, of enige indirekte, spesiale of gevolglike skade van
enige aard. Die kliŽnt sal Tsitsitronics skadeloos stel, verdedig en hou van enige eise wat gebaseer is op die nakoming
van die vereistes van Tsitsitronics met die kliŽnt se instruksies of spesifikasies, veranderinge van die produk deur
enigiemand anders as Tsitsitronics, of die gebruik van die Impulsgenerator in kombinasie met enige ander produkte.

Waarborg voorwaardes is onderhewig aan verandering.
Waarborgvoorwaardes