R
Tru-Tek
E-Pos
Vervaardigers van Ekonomiese en Effektiewe
Elektriese Heining Energiebronne
Kopiereg Andre Kruger 2018
Tru-Tek 220V Elektries Heining Energiebron
Die Tru-Tek 220v Heining Energiebron verskaf n nie-dodelike puls van 'n 10000 volt, een keer per sekonde.  Die eenhede word vanaf 1991 vervaardig en het hulself in die veld bewys as uiters betroubaar en met lae onderhoudskoste.
Die kragverbruik van die eenheid is verbasend laag teen slegs 5 Watt.  20 energiebronne wat gelyktydig gebruik word, is min of meer gelykstaande aan die kragverbruik van een 100w gloeilamp.
Die eenhede voldoen aan die wetlike vereistes soos gepubliseer in Staatskoerant van 25 Maart 2011 en is geregistreer by Nasionale Reguleerder vir Verpligte Standaarde (NRCS).
Produkte
Ons strewe om gedurig ons produkte en diens te verbeter, daarom mag sommige voorstellings, beskrywings en spesifikasies nie wees soos gepubliseer.
Bevestig asseblief alle data voor jy bestel
.
Tru-Tek 12V Elektries Heining Energiebron

Die Tru-Tek 12v Heining Energiebron word vervaardig vir gebruik waar hoofkrag nie beskikbaar of betroubaar is nie.

Die kraggebruik van die eenheid is 0.8A en kan vanaf n sonpaneel gebruik word, indien die paneel voorsien word van n reguleerder wat nie 13.8v oorskry nie.

Die eenhede voldoen aan die wetlike vereistes soos gepubliseer in Staatskoerant van 25 Maart 2011 en is gerigistreer by Nasionale Reguleerder vir Verpligte Standaarde (NRCS).
Tru-Tek LED Heining Meter

Die Tru-Tek Heining Voltmeter vertoon die krag in die heining met n lyngrafiek wat bestaan uit 10 LED liggies. Elke liggie verteenwoordig 1000v.

Die meter is doeltreffend vir die opsporing van foute en die algemene onderhoud en instandhouding van heinings.
Tru-Tek Pixie Monitorstelsel

Die Pixie is ontwerp om saam met n energiebron gebruik te word op heinings wat gemonitor moet word vir gebreekte drade en kortsluitings.

Die Pixie werk vanaf n 12 volt battery en het n ingeboude batterylaaier en gonser. Dit kan gekoppel word aan n eksterne sirene, spreiligte, en telefoonskakelaar.

Die eenheid kan van buite die perseel aangeskakel word met n opsionele Tru-Tek afstandsbeheerstel.
220v energizer
2012-09-28 08.57.03
Hek Hak

Maklik om te gebruik met elektriese toutjies.  Die hekhak kan 50 Kg spanning weerstaan en die trippel ogie maak dit maklik om die toutjie vas te maak sonder dat dit gly. Vervaardig uit duursame pvc om jare se gebruik te verseker.


Word verskaf in pakke van 10
R2278.86
R2278.86
R399.00
R2278.86
R171 (Pak van 10)
Spesiale Aanbod
Gratis versending per RSA geregistreerde Pos
Let asseblief op die volgende:


Alle pryse sluit BTW en posgeld na jou naaste SA Poskantoor in.

Foute en uitlatings uitgesluit.

Pryse onderhewig aan bevestiging.

Alle toerusting is vir 12 maande gewaarborg teen fabrieksfoute.

Tru-Tek produkte het ingeboude beskerming teen ligte kragoorladings, maar sal nie ernstige oorladings weerstaan nie. Weerligbeskermingsproppe, wat vrylik in die handel beskikbaar is, word aanbeveel. Dit is altyd wys om om die stelsel uit te prop gedurende donderstorms. Weerligskade, kragoorladingskade en waterskade word nie deur die waarborg gedek nie.
220v energizer