R
Tru-Tek
E-Pos
Vervaardigers van Ekonomiese en Effektiewe
Elektriese Heining Energiebronne
Kopiereg Andre Kruger 2018
Tru-Tek Elektriese Heining Energiebronne word sedert 1990 in die landbou sektor gebruik en is bewys as betroubare masjiene met n lae onderhouds- en herstelkoste.  Ons Energiebronne word vervaardig spesifiek met die rowwe toestande van landbou en industriele sektor in gedagte.

Alle Tru-Tek produkte word vir twaalf maande gewaarborg teen foutiewe komponente en vervaardigingsfoute.

Die lengte van die heining wat deur die Energiebron van krag voorsien word, hang van die heining self af, maar die algemeen aanvaarde reel is dat 1 Joule energie gemeet deur 500 Ohm weerstand, genoeg is om 10km heining effektief te bekragtig.  Tru-Tek Energiebronne wek 5 Joule energie op, gemeet deur 500 Ohm weerstand, en kan dus teoreties 50 km heining effektief bekragtig.

Die uitset van die Energiebron word bereken sodat dit genoeg krag sal opwek om die lewendige drade  lewendig te hou, selfs al is daar n  gedeeltelike kortsluiting op die heining.  Gebruik van die Energiebron op 'n kort heining beteken nie dat die heining oorbekrag sal wees nie, maar foutopsporing op n kort heining is aansienlik makliker.

Die kraggebruik van n Tru-Tek Energiebron is tussen 5 en 10 Watt, of anders gestel, 10 tot 20 Energiebronne gebruik soveel krag as een 100w gloeilamp.

Tru-Tek is gesetel in die Tsitsikamma area, gelee aan die Suidoos kus van Suid Afrika, waar nuwe ontwerpe vir n 18 maande periode getoets word in ongustige klam toestande, voordat ons dit aan ons mark vrystel.

Tru-Tek is trots daarop dat ons produkte betroubaar en duursaam is en dat ons onderhoudskoste baie laag is.  Dit is ons prioriteit om vervaardigingskoste so laag moontlik te hou sodat ons die besparings direk aan ons kliente kan oordra.  Ons doen-dit-self instruksies word so duidelik as moontlik omskryf, maar ons is slegs n foonoproep ver indien u enige verdere advies verlang.  Ons Helplyn word vanaf 8vm tot 6nm, Maandag tot Vrydag, deur tegniese personeel beman.  Oproepkoste beloop teen normale sellulere oproepkostes in Suid Afrika.

Ons beveel dit sterk aan dat u die volledige instruksies deeglik lees, aangesien die mees algemene vrae daarin beantwoord word.
Tuisblad
Tru-Tek is 'n geregistreerde handelsmerk

(C) Andre Kruger. 2018