R
Tru-Tek
E-Pos
Vervaardigers van Ekonomiese en Effektiewe
Elektriese Heining Energiebronne
Kopiereg Andre Kruger 2018
Algemene Vrae
V: Ek hoor my aardpenne klap, Wat is fout?

A: Dit beteken jou heining is meer gegrond as jou aardpenne. Daar is 'n kortsluiting op die heining en jou aardpenne is nie goed genoeg geaard nie
V: My krane skok my!

A: Skuif jou aardpenne weg van die gebou
V: Ek hoor my heining op my TV en telefoon.

A: Jou heining vonk iewers, dit wek radiogolwe op wat deur elektroniese toerusting gevoel word.
V: Kan ek 2 energiebronne op een heining koppel?

A: Nie alleen is dit onwettig nie, maar die twee masjiene sal teen mekaar werk totdat een of albei die gees gee.
Q: Kan ek my doringdraadheining elektrifiseer?

A: Nee, dit is onwettig, maar jy mag gladde staaldraad, wat aan 'n doringdraadheining gemonteer is, elektrifiseer.